Die Hart Van Ma en Vrou

Gewortel in Geloof

(Author) Marilize Swanepoel
Format: Paperback
£10.57 Price: £10.57 (0% off)
Generally dispatched in 1 to 2 days

Christelike gedigte wat gaan oor elke dag se uitdagings wat ons as vrou en ma ervaar. Woorde wat kom uit 'n doodgewone vrou en ma se hart deur leiding, vasgevang op papier met die hoop om elke vrou te laat besef sy is werd. Elke gedig beeld die daaglikse emosies uit wat so baie deur ons gedagtes maal wat dan gepaard gaan met wat die Woord van God sê oor ons gedagtes, emosies en mens wees. Ons wedloop kan nie voltooi word as ons nie die hand van God vashou elke dag nie. Die behoefte om altyd in te pas, aanvaar te word en raak gesien te word, is iets wat ons vreugde kan steel sonder dat ons dit besef. Dit steel met tyd ons identiteit en laat ons byna in vrees leef dat ons dink ons is nie goed genoeg nie. Dit veroorsaak dat ons in kompromie met onsself is, waarvoor ons staan en wat ons glo. Deur Die Hart Van Ma en Vrou hoop ek om elke vrou daar buite inspirasie te gee. Ek bid dat jy God se liefde sal ervaar en raaksien in alles om jou en met elke situasie wat jou pad mag kruis. 'n Boek vir elke vrou, ma, ouma, suster, vriendin, dogter.... JY vrou, is 'n stuk goud JY vrou, is mooi al word jy oud JY vrou, hou op met jouself wroeg Want JY vrou, is genoeg!

Information
Publisher:
Malherbe Uitgewers
Format:
Paperback
Number of pages:
None
Language:
en
ISBN:
9781991455031
Publish year:
2024
Publish date:
Aug. 10, 2024

Marilize Swanepoel

Reviews

Leave a review

Please login to leave a review.

Be the first to review this product

Other related